MyMaties.com is geherontwerp!

In samewerking met die Leer, Leef en Luister huis vir Media is die webtuiste vereenvoudig en geherorganiseer. Dit het ook 'n nuwe ontwerp gekry en is tans beskikbaar as 'n aparte beta-weergawe. Die ou webtuiste sal gedurende die Desember vakansie gestaak word.

Studente wat dit solank wil uittoets, kan hier klik.

Een van die besluite wat in hierdie verband geneem is, is om die plasing van advertensies te staak. Studente en personeel wat met kampus wil kommunikeer word aangemoedig om voortaan die LCD-skerms, Die Matie, K-mail of MFM hiervoor te gebruik. Gaan kyk op die kennisgewingbord op die tuisblad vir meer inligting hieroor.

Aangesien hierdie nuwe weergawe in beta (toets/ontwikkelingsfase) is, sal ons jou terugvoer waardeer. Stuur asb. jou opmerkings, voorstelle en kritiek aan ecomms@sun.ac.za.

Sterkte met die eksamen!
Maties e-Kommunikasie span