LW.: Outeursregte van derde partye en die misbruik of inbreukmaking daarop deur studente en personeel raak toenemend problematies aan die Universiteit. U word daarop gewys dat die Universiteit outeursregte van derde party materiaal respekteer en jaarliks groot bedrae aan lisensiegelde betaal ten einde wettige toegang tot elektroniese bronne van akademiese materiaal te bekom. U word daarom gemaan om eers uself te vergewis van outeursregte wat mag bestaan op die elektroniese materiaal wat gebruik wil word, asook die reëls rondom die 'billike gebruik' van elektroniese materiaal (o.a. oudio-visuele materiaal soos films, video's, musiek, asook akademiese materiaal, internet, e-pos, Webstudies, PowerPoint klasnotas, maar nie beperk hiertoe nie). Verwys in hierdie verband ook na paragraaf 2.2.2 van die Elektroniese Kommunikasie Beleid. Die Universiteit se kopieregklaringsbeampte kan ook in hierdie verband by gekontak word by +27 21 808 2992.