Navorsing word beskou as die uiteindelike doel van ons studies. Behalwe om ons toe te rus om 'n goeie werk te kry, skep dit ook die geleentheid vir studente om betrokke te raak by navorsingsprojekte. Die universiteit word onder andere bemark as 'n uitstekende navorsingssentrum. In die meerderheid kursusse speel navorsing 'n baie belangrike rol in die opdatering van tegnologie en die daarstel van nuwe idees. Studente word geleer om vir hulleself te dink en mens kry die skills om self probleme op te los en literatuur in te samel.

Daar is egter talle probleme wat voorgraadse studente ervaar, en gelukkig bestaan daar baie ondersteuningsstrukture waarvan die ABR maar net een is, maar tans bestaan daar 'n leemte vir ondersteuning van nagraadse studente. Probleme van beurse en lenings, werksure, publikasies en vele meer is onaangespreekte probleme, wat nagraadse studente kniehalter. Daar is 'n ondersoek na 'n nagraadse sentrum gelas wat juis vir ons navorsingsstudente omsien.

Vir meer inligting omtrent navorsing gebruik gerus die link.

Enige probleme/kommentaar kan direk aan my gestuur word ook : ajonker@sun.ac.za

Terme en Voorwaardes(.pdf)
Webregulasie (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Stellenbosch Universiteit