FAQ'S

As ek 'n hoë predikaat het, hoeveel het ek in die eksamen nodig om deur te kom of 'n her te kry?

  • Ongeag hoe hoog jou predikaat is, jy moet ALTYD ten minste 40% in die eksamen kry om 'n hereksamen te kry, en 50% om te slaag.
  • Studente kan ook nie meer uitstel soos in die verlede nie, selfs nie eers met 'n siektesertifikaat nie (net vir sekere, baie ernstige siektes sal jy toegelaat word om 'n siekte-eksamen te skryf)

Hoe werk die nuwe eksamenstelsel?

  • Die amptelike dokument is beskikbaar op die ABR-website by die "Eksamenstelsel" skakel aan die linkerkant of kyk in die Jaarboek, Deel 1, vir verdere besonderhede (die Jaarboek is beskikbaar by Admin A)
  • Die basiese verskille van die vorige stelsel is as volg:
    • Uitstelle word onder geen omstandighede toegelaat nie, d.w.s. die eerste geleentheid is verpligtend
    • Studente wat as gevolg van siekte nie die eerste geleentheid kon benut nie, sal 'n siektesertifikaat van 'n toepaslike medikus benodig en 'n verklaring moet aflê voordat hulle tot die tweede geleentheid toegelaat sal word
    • Studente het 'n eksamenpunt van ten minste 40% (en nie meer 45% soos in die verlede) nodig om vir 'n hereksamen te kwalifiseer
    • Die Junie hereksamen is nou in die Junie vakansie en die November hereksamen is in November/Desember
    • Elke eksamen is nou ongeveer 5 dae langer om meer studietyd te aan studente te gee en om te verseker dat vakke verder uitmekaar gespasieer is

Hoe kry ek afslag op my studies?

  • Eerstejaars
    • Indien jy in matriek 'n gemiddeld hoër as 85% en/of 6 A simbole behaal het, kry jy outomaties afslag op jou studenterekening
  • Voorgraads
    • Indien jou geweegde gemiddeld vir enige jaar (behalwe jou finalejaar) bo 75% is, kry jy outomaties afslag op jou studenterekening in die daaropvolgende jaar
  • Nagraads
    • Voornemende nagraadse studente kan tussen Oktober en November aansoek doen vir 'n merietebeurs vir hul nagraadse studies.
    • Studente moet vroegtydig aansoek doen, selfs al het hul nog nie hul finale eksamenuitslae nie
    • 30 November is die sluitingsdatum vir merietebeursaansoeke vir ingeskrewe studente
    • Aansoekvorms is vanaf September beskikbaar by die Afdeling Beurse & Lenings
  • Meer inligting is beskikbaar in die Beurse & Lenings jaarboek (beskikbaar by Admin A) of MyMaties onder "Beurse en Lenings"

Ek kry binnekort graad en het nog nie werk nie. Waar begin ek soek?

  • Die beste plek om te begin is die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) in Victoriastraat 37. Hulle kan jou help om met die regte maatskappye in kontak te tree. Hulle bied ook kursusse aan om studente voor te berei vir werksonderhoude en ook hoe om CV's skryf. Gedurende die derde en vierde kwartale word
  • Vir meer inligting besoek die SSVO webtuiste
  • Alle dienste wat deur die SSVO aan ingeskrewe US-studente gelewer word, is gratis en konfidensieel.

Ek het my studentekaart verloor! Wat nou?

  • By Admin A (in die gang links van die kassiere) is daar 'n kantoortjie waar die meeste verlore studentekaarte opgeplak word.
  • Indien jou kaart nie daar is nie, kan jy in daardie lokaal 'n nuwe een laat druk vir R40 (dit word gehef op jou studenterekening).

Ek weet nie of ek die regte kursus swot nie. Wie kan my help?

  • Die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) in Victoriastraat 37 is daar om beroepsvoorligting en sielkundige hulp aan studente te bied. Verder is daar ook algemene studiewenke en inligting mbt sielkundige probleme op die SSVO se webtuiste by SSVO
  • Alle dienste wat deur die SSVO aan ingeskrewe US-studente gelewer word, is gratis en konfidensieel.

Ek het 'n rekenaar/skootrekenaar. Wat moet ek doen om op die netwerk te kom?

  • Vat jou rekenaar na Merrimanstraat 66. Hier sal IT vir jou al die sagteware installeer wat jy nodig het om op die netwerk te kom.
  • Netwerktoegang kos R135 per jaar, en word van jou studenterekening afgetrek.
  • So gou jou netwerktoegang geaktiveer is, kan jy jou rekenaar in jou koshuis/studentehuis gebruik. Skootrekenaars kan ook by WiFi Hotspots gebruik word in o.a. die bib, Fharga, Neelsie, Schumann gebou, Narga en meer.
  • Vir 'n volledige lys van lokale en meegaande kaart, sien IT se Wifi-dekking Kaart

Hoe werk ek my geweegde gemiddeld uit?

  • Die ABR het 'n Excel werkblad geskep wat jou geweegde gemiddeld vir enige akademiese jaar bereken (mits jy 20 vakke of minder het)
  • Tik elke vak wat jy het in, saam met die vak se krediete en die prestasiepunt wat jy behaal het
  • Jou geweegde gemiddeld word dan gegee in die groen boksie aan die regterkant
  • Daar is twee sheets in die Excel lêer (onder op die skerm): "Geweegde gemiddeld" en "Voorbeeld". Indien jy onseker is oor wat om te doen, kyk na nie 'Voorbeeld' sheet.

Die Excel lêer kan hier afgelaai word.

Waar en wat is die Groenroete?

  • Die Groenroete is 'n roete op kampus wat 24 uur per dag deur USBD gepatrolleer word vir die veiligheid van studente
  • Die roete is uitgestip in groen op die kampuskaart op bl.34 van die Matie Dagboek
  • Studente wat na 'n laat aand in die studiesentrum of biblioteek alleen huis toe loop word aanbeveel om sover moontlik by hierdie roete te hou. Moet ook nie skaam wees om 'n USBD wag te vra om jou te vergesel nie - hulle is daar vir jou veiligheid.

Wat moet ek doen indien ek 'n uitruilstudent wil word?

  • Die US Internasionale Kantoor het uitruilooreenkomste met verskeie universiteite in 22 lande regoor die wereld
  • Sluitingsdatums is 15 Maart vir plasing in September en 15 Augustus vir plasing in Januarie
  • Besoek die US Internasionale Kantoor of ISEP vir aansoekvorms en verdere inligting
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Webregulasie (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Stellenbosch Universiteit