Die doel van waarom die ABR bestaan

Organogram van die ABR se Posisie in die US

Met die magspligtigheid wat aan die ABR toevertrou is wil ons deur voorbeeld en leiding julle as studente verteenwoordig. Ons beoog om dit deur julle klasverteenwoordigers en Fakulteite se Akademiese Studenteverenigings te doen. Deur lede te wees van die ABR word elke Fakulteit se Akademiese Studentevereniging en Klasverteenwoordiger bemagtig om geregtelikheid te sien geskied in die klaskamer en aanspraak te maak dat dit wel gebeur indien dit nie so is nie.

Die doel van die struktuur is sodat julle as studente kan fokus op julle akademie terwyl ons as studente leiers omsien na julle welvaart deur te sien dat beleide toegepas word en dat julle as studente regverdig behandel word. Die struktuur waarvan die ABR die middelpunt is laat toe dat Fakulteits Akademiese Studenteverenigings binne fakulteite kan fokus en omsien na julle, terwyl die ABR besin oor hoe ons julle effektief kan verteenwoordig en dan so ook op meer gesaghebbende liggame van die Universiteit soos die Senaat, Vise Rektor Onderigbestuursspan, Institusionele Forum, Taalkomitee, Gehaaltekomitee, Beurse en Leningskomitee en vele meer julle belange na vore kan bring en aanspraak maak dat daar gehoor gegee moet word aan julle behoeftes

Terme en Voorwaardes(.pdf)
Webregulasie (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Stellenbosch Universiteit